Sunday, February 11, 2007

Ego eggo eg (sonder egg)

as eggo weer klank

sy g of sy gô verloor

gaan die eggo dood

word hy ego of opreg


as net die o wegval

het die fan gestrike

sit ons almal geel

eier op die gesig


eers as hy tot eg geslaan is

kan hy voor mense praat

sal ons gestrip gaan staan

stil word en luister


! oor ons sy stem kan hoor !


ophou speel met klankies

dan kan ons hom eien

sonder sy alter een

op sy regte egte naam (!)

5 comments:

Anonymous said...

eg.ontledend.alternatief.dieper insig kom duidelik deur.opneem in bundel nie onderhandelbaar.

Annelie said...

Snaaks hoe versies soms erg laf begin en dan hoor ek, soos nou, dit het wel dieper insig, en dan weet ek dis waarskynlik omdat dit uit ‘n ander een gebore is wat nie wou klaarkom nie, toe word dit maar die een….
Dis wat my versies met my maak – hulle bring my by punte waar ek nie sommer anders sou uitkom nie, ook nie beplan het nie, hoewel baie daarvan half surreal bly vir my, dis so asof dit heeltyd ‘n verwerkingsproses bly, maar darem nou al heel makliker as aan die begin. Behalwe soms, soms vang dit my nog ergggg!
Ek vermoed hier kon dalk nog sinspeling op eg. soos die ingelse dit sou gebruik in plaas van bv. ingewerk word.
Sal maar annerdag sien.

Anonymous said...

puik!!!

Anonymous said...

like hom kwaai

Anonymous said...

Kwaai goed hierdie!