die skoot
het ek nie sien kom nie
die skoot
het ek nie gehoor nie
die skoot
net gevoel toe dit tref
[verdomp raak geskiet
donners mis verstaan
duidelik korrel verloor]
die patroon se klap
kon ek nie koes nie
die patroon se knal
het my verdoof
die patroon se bloed
wou gillend nie stol nie
[die laaste skoot
is die beste geweer
getrigger gelaai geklap
die eerste skoot
is die seerste verweer]
die seer se vuur
het ‘n gat gebrand
die vuur se tref
vloei skootwarm uit
die tref se seer
het eers gedood toe die roof afval
[die skoot het vasgeslaan
die opgekropte patroon gebreek
seer het sy ingehoue kwaad verloor]
4 comments:
3 uit 5
baie herhalend, maar dis OK as jy daarmee iets wil se
hartseer. wreed .goeie samestelling.speel nog bietjie daarmee.....
in die maand van Mei, maak die ene vir my 'n spesiale sin!
Dus en daarom: DIT is puik,dit is helend ,dit is 'n journey, alles 'n genade tot by die laaste sin. ..
in God se hand in gekaap?
of is ek die skaap?
soos in my aard sorry ek moet net se(en ja ek het steeds die kappie verloor)ek dink dit is PUIK verwoord !!
Post a Comment