ry oopogig en kyk op na die tafelse Berg
die wolkies wat sag kroontjie maak
duiwelskop verby rondom nelson s'n
hier gaan vandag hulp nodig wees
binne die lord se getooide kamers vertoon
met sware kandelare leliemooi blomme sag
onder die oop stoepdak se koel waaier
'n dik en dun kring van baie gesellige maats
opgedollie met highpolfaais en stywe panties
al ons poppies ingekleur en opgedress
kop tot toontjie sonder 'n barsie uit sy naat
reg virrie kuier se losse praatjies tot laat
lekker soetkoek en soutigheid stout
lag-lag as gesonde kossies kafgedraf
hongerig goeie leefstylraat opgevreet
op rooitee so byna bossies geraak
wankel ons op die dun koppie rantjie
magie dikswanger amper naardie kilo's van die breë weg afgesluk
ons herdoop jou sommer dear lord
onder langs die voete van my Heer
kroon ons jou met 'n seagullkrans
vier die feeste om agterna te beur
teen die wind, die weer en alle ander gode
korrel spreilig duidelik spoor in die donker
losgeskud uit my sagsit comfortstoel
ék sal my weer gaan tuismaak
ek sál my weer kom wysmaak
vertederende ken teen U knie vaswoel
dis nie net vir tee
dis liewer as eet
dis vir hulp o Heer
om lig te kan slaap
2 comments:
luister nou seblief mooi:
as jy hierdie regtig op die 8ste dag van Februarie geblog het en ek reeds lankal al hierdie stukke al gelees het was ek of aan die slaap of helemal onkundig(ek vermoed wel die laaste,nie dat daar nou meer kundigheid aan my kant rerig is nie,maar ek hoop ook steeds!:)
Hierdie ene is dieper as diep....
hierie ene vra lees nog 'n slag
hier is baie om raak te sien
hier is 'n meesterstuk....!!!!
die een gemis en teen tafelberg hang die onthou seker nou nog van die henne se party en kan ek net raai hierdie beskrywende gedig onder in die laai sal plek in die bundel vind.
Post a Comment