Wednesday, February 7, 2007

So gedink


Dog het ‘n veer kom steek

in die hoof se bedekking wat

soos ‘n hoed los rondgelê het

skaamteloos in die openbaar


“a feather in your cap, my dear”

selfbeeld het mos iets gekort

iets wat niemand iets van weet

nou skort daar duiwels baie meer


ma en ma se ma was alweer verkeerd

daar broei nie dan net hoenders uit

daars duiwe en vlinders en krieke en nog

wat wilde menings wil kom lug


“yes, my dear, close the door”

want daar onveilig agter die slot

dink ons weet niemand niks

maar ons sal die gevolge dra


so gedog

3 comments:

Anonymous said...

5 uit 5...puik

Anonymous said...

vermoed teleurstelling wat weer sal herstel.emosievol.bundelwaardig.

Anonymous said...

op 'n punte leer kry hy die punt oneindig ....
uiters goed!.