Saturday, February 10, 2007

Skrif @ die muur

teen watter brug, langs watter heining

gaan jy my nog herhalend neerpen

vasverf in jou kwaadlus wat moet uit


teen watter paal, langs watter pad

agterstevoor tot anderkant die stad se muur

moet ek uitgespuit lê in jou vrye handgebaar


teen watter huis se witgepleisterde grens wil jy

my nog koki vir jan en alleman, rap en al sy maats

om toeknypoog te bekyk, mis te sien en oordeel tot

ek selfs in die burger se blad opgeskryf staan


waar nóg moet ek verneder,

uitgekryt, graffiti word

@ die mure uitgedryf raak?


wanneer sal jy beter voel

watter dag

watter uur?


dis seker ook sierlik

opgeteken in die skrif

of die gebrek daaraan

4 comments:

Ernst said...

4/10...Bietjie voorspelbaar

Anonymous said...

die frustrasie soos in van Antjie Krog se eeste gedigte: "teen watter sipres het jy my gekruisig met spykers uit jou mond" slaan mooi deur . ek dink die gedig is manjefiek!

Anonymous said...

puik!

Anonymous said...

van die emosies wat mens die hardste en seerste kan laat kry is seker vernedering en frustrasie,elk op sy eie al erg, in kombinasie laat dit diep spore....
my woorde is beperk
te veel van 'n woord gebrek
laat my dus net toe om
te probeer.....
ek dink dit is be(toooooet)goed geskryf!