teen watter brug, langs watter heining
gaan jy my nog herhalend neerpen
vasverf in jou kwaadlus wat moet uit
teen watter paal, langs watter pad
agterstevoor tot anderkant die stad se muur
moet ek uitgespuit lê in jou vrye handgebaar
teen watter huis se witgepleisterde grens wil jy
my nog koki vir jan en alleman, rap en al sy maats
om
ek selfs in die burger se blad opgeskryf staan
waar nóg moet ek verneder,
uitgekryt, graffiti word
@ die mure uitgedryf raak?
wanneer sal jy beter voel
watter dag
watter uur?
dis seker ook sierlik
opgeteken in die skrif
of die gebrek daaraan
4 comments:
4/10...Bietjie voorspelbaar
die frustrasie soos in van Antjie Krog se eeste gedigte: "teen watter sipres het jy my gekruisig met spykers uit jou mond" slaan mooi deur . ek dink die gedig is manjefiek!
puik!
van die emosies wat mens die hardste en seerste kan laat kry is seker vernedering en frustrasie,elk op sy eie al erg, in kombinasie laat dit diep spore....
my woorde is beperk
te veel van 'n woord gebrek
laat my dus net toe om
te probeer.....
ek dink dit is be(toooooet)goed geskryf!
Post a Comment