agter die petrolpompe langs die pad se stal
waarheen ek moes jaag om jou te sien
“coffee, tea or me?”
staan op die swartbord
wit uitgekryt
“tea plz”
hoe? yahoo?!
kon ek so seker weet jy sou die tee verkies?
sonder ‘n stukkie koek of ‘n snytjie tert!
selfs die special vannie dag het jy bedank ;-)
goed dan so dis dan reg
blad oor die tafel geskud
ons kan ons tee saam kom drink
sonder suiker of mors dis uitgesort
ons is net maats
wat
en soms, net soms
met lam woorde speel
ek’s trots op jou
ek’s trots op ons
[agterna effe in myself,
halfvreemd teleurgestel]
3 comments:
dit klink so of dit regtig gebeur het . hierdie gedig spreek van waarnemingsvermoens van dit wat dieper sit as net die aangeplaktheid rondom ons. mooi.....
kan nog nie so lekker agter die kap van die byl met die een kom nie , behalwe dat ek wel kry dat een van die 2 hier dalk uitmis om die ander raak te sien in 'n te besige gewoel van ratrace sake.maar tog tenspyte van die race ken hul mekaar trots goedgenoeg. Wel gedaan sal ek sê
2 uit 5, jammer....klink eerder na n storie wat in versvorm geforseer is.
Post a Comment