Saturday, February 10, 2007

my kind


my kind

skoon besmet

wit bevlek

baar ek jou

uit moederskoot

om op te staan

gebukkend te gaan

onder my las


my kind

gedra tot die kruin

binne wense gevou

tromp-op vasgebid

in Vadersnaam

verlos te word

vry te vlieg

van al ons skuld

5 comments:

Anonymous said...

doen so voort.elke digter het sy eie vaste karkater maar jy kry reg om die deurgee van gedagtes te laat aanpas by die wese van elke gedig wat in jou opkom.hierdie is besonder kort en kragtig en spreek harder omdat dit in eenvoud geklee is.eks mal oor vrye rym soos jy seker al kon aflei.

Hannes@Home said...

Je weet ek hou woes baie van die een - soos ek jou al vertel het - maar hier is die rekord vir die blog-gemeenskap om ook te lees.

Anonymous said...

korreksie
kazi se disleksie het karakter se a en k omgeruil. die woordeboek wil nie se wat karkater beteken nie. jammer!

Anonymous said...

4 uit 5

Anonymous said...

elke ouer se ervaring en wens vir sy nakomeling....verwonnerlik mooi.