Here lei my tog
ek wil nou en hier
uit die kring ontsnap
die sirkel breek
voor begin
eindig sonder end
Here help my hier
ek wil in jou oë kyk
sien jy begryp
en laat los
sonder vryval
oor ons in Sy hand bly rus
Here help my tog
ek wil saam met jou
sonder donker komplikasies
ongekompliseerd
vriendskap met jou deel
en Jesusliefde en hoop
Here wys my hier
ek wil so graag jou mening hoor
deel in jou verstaan, myne verder brei
jou digsels en my verse slypskool
tot ‘n dansende bundel vol
ons deel iets wat ek nie begryp
Here wys my tog
waar lê my vergissing dan
is dit my dan nie beskore nie?
is dit dan dit, dat ek vandag hier
moet neerlê en nie verder wil
Here ek neem U hand
lei my hier
3 comments:
2 uit 5......
helder , sterk , nederig bewus van mensekind se volslae afhanklikheid aan Jesus. publiseer!
verseker-bundel toe
Post a Comment