Tuesday, February 13, 2007

Moedertaal Afrikaans in Vaderland


verkrag


julle het nóg

onbekende klanke

met letters geplant

vrugbaar saad kom stort

[ek ruik die losgrond nog]

in ons kosbare Vader!land

woordeFlora groei en besmet

vervuil in ons gekaapte Moeder!taal

[ek sien helder kleure ek proe sappige vrug]

met onkruide wat hittige harde werke eerlik skep

vir minder ou askiestog! bevoorregtes wat brom en kap

takke wat indring op die uitroeilys W1-3 herhalend verskyn

ons laat ons kinders (on)verskonend opgroei op sinnelike frases

strofe voort tot ons geskok begryp wat hier geskep vermink bestaan

‘n Eden wat my asem wegslaan, my stem skuldig stil gejaag uit die tuin

[hoor my roggel hoor die geluid] ek is en was geliefde taal deur julle misbruik


ongekeurde blougekleurde taal [en net so bietjie gekrui]


vrugbaar in my Vaderland


vreemde woorde flora

vol soos saad in my mond

[amper soos in-die-bek-geruk]


die vraag

[behalwe natuurlik of vraag ook aanbod oorskrei]

die vraag is steeds


sal ek sluk [en laat ontkiem]?

sal ek spoeg [en verder besmet]?


agterna die seep gebruik

nog listermint gaan koop

[en my hande ook in onskuld was]


barend in my Moedertaal


NS

dalk is kots die antwoord

so sal alles dan mos uit?!

dis net: kots kom vanself

anders word dit bulimie

teer ons in elk geval uit

kotsend skotvry kotsloos

6 comments:

Anonymous said...

Jy skryf nou pragtig......( rassis???)

5 uit 5

Anonymous said...

sterk stem van die taalstrydlustige...mooi genoeg vir verspreiding via die drukpers.

enige janrapensymaat praat mos deesdae sy eie "Afrikaans". selfs die Sowetoklas van 1975. daarom wil ek voorstel ons herdoop die oorspronklike Afrikaans, gebore uit Hoog Hollands , na "Afrigermaans" voordat Fanagalo as die enigste amptelike landstaal wettig word.

Anonymous said...

"so moet 'n mond mos praat"lyk na kindertuin taal vergelykend met die taal van die stuk! Puik!Keuses van die woorde wat beelde skep uitstekend!
10/10 vir kazi se 'Afrigermaans'

Annelie said...

Anon - dankie vir jou kommentaar - jy weet ek waardeer! rassis? nee glad nie! - dalk sê of lees jy iets oor jouself hier raak?
Kazi - ek teken amptelik apologie aan vir die leen van jou "agsiestog agtergblewenes" - die plaasvervanger(s) ontwyk my nog! verskoning dus tot tyd en wyl - by gebrek sal ek die opbrengs wat die mag bring ook met jou deel ;-)
eozi - so 'n bek gaan jam kry!Dankie! en ja kazi kry ook my stem.

Hannes@Home said...

My lief, dié woorde is bo my vuurmaakplek. Ek kan voel (e: "sense") dat jy iets vertel van ons taal en ons bestaan wat besonders is, maar kan dit nie eers naastenby verstaan nie. Jy weet dat ek jou talent bewonder.

Annelie said...

Kazi - hiermee onthef ek nou myself van die verskonende plagiaat of openlike "leen" - toe word dit 'minder askiestog bevoorregtes'. Dink nog joue was beter, maar nouja uit respekte doen ek nou die 'regte' ding ;-) Dankie vir die tydjie wat jy ingestaan het vir my - gaan dalk weer nodig wees, maar ek sal nie net vat, ek sal probeer onthou om te vra.